13 dae gelede
Samoa laat Wallabies sweet
Klou vas: Dane Haylett-Petty op pad na ’n drie. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

AL HET sy span Samoa geklop, sal Michael Cheika, Wallabies-afrigter, nie ’n gelukkige man wees nie.

Australië het sy laaste World Cup warm-up match Saterdag in Sydney met 34-15 teen die onvoorspelbare Samoane gewen.

In die rustyd was die Wallabies gerieflik met 22-3 voor en dit het gelyk asof hulle dié een met ’n groot score sou wen.

Die Aussies vertrek môre na Japan en sal nes Suid-Afrika poog om hulle derde World Cup te verower.

Daar is verwag dat die Wallabies te sterk vir Samoa sou wees.

Die toets is egter gekenmerk deur talle unforced errors deur die tuisspan en sal beslis nie lank onthou word nie.

Skrums

David Pocock, terugkerende kaptein van die Wallabies, was egter ’n tevrede man na afloop van die stryd.

“Ons shape was by tye baie goed. Dit was maar ’n stop-start-affêre, wat ons onder druk geplaas het en ons het nog werk om te doen in die skrums.

“In die lynstane het ons hemel­besems goed gevaar en veral goed om Samoa se bal gekompeteer.

“Ons sien nou daarna uit om ons World Cup campaign te begin.”

Benewens die hanteerfoute sal Cheika bekommerd wees oor die slot Adam Coleman wat die veld met ’n handbesering moes verlaat.

Cheika se span speel Saterdag 21 September sy openingswedstryd van die World Cup teen Fidji.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters