14 dae gelede
SA kort rugby-indaba vir coaches
PAUL TREU Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIS tyd vir ’n ordentlike rugby-indaba om die uitdagings van die sport op nasionale vlak aan te pak.

In 2016 het die voormalige Springbok coach Allister Coetzee so ’n plan van stapel gestuur. Dit is egter gekritiseer, aangesien net afrigters uit sekere rugby-sektore dit bygewoon het.

Daai indaba van Coetzee sou een van vele in sy termyn wees. Toe hy egter laas jaar die Bokbreier-pos ontruim, het daai planne platgeval.

Die noodsaaklikheid vir SA rugby om weer hierna te kyk, raak nou baie kritiek – veral in die lig van die laaste paar weke se gebeure rondom die aanstelling van ’n coach vir die Southern Kings.

Vrydag is daar bevestig Robbi Kempson sal as tydelike breier instaan. Die Kings se aanstellingsproses het platgeval ná die uitlek van vertroulike inligting gedurende die proses­.

Peter de Villiers, voormalige Springbok coach en ’n gunsteling vir die pos, se credentials en kwalifikasies is in twyfel getrek.

Hy het toe self in sosiale media posts gewys hy is meer as gekwalifiseerd om die job te doen.

Drama

Volgens Paul Treu, die Westelike Provinsie se hoëprestasiebestuurder, raak dit ook nou kritiek vir Suid-Afrika om weer ’n rugby-indaba te hou.

Treu het Donderdag sy mening op Twitter gelug oor die drama rondom die Kings se omstrede en verwarrende proses om ’n nuwe coach aan te stel.

“Die landskap in HP-sport het só dramaties verander dat nuwe kennis oor ’n spektrum van algemene en gespesialiseerde areas amper ’n vereiste word,” skryf Treu.

“Wetenskap, tegnologie, generasiewisseling, die leerproses en die impak van die sosiale media is maar ’n paar voorbeelde.

“Selfs ons opvoedkundige instansies word geforseer om anders te dink oor beroepsopleiding.

“ ’n Coaching indaba om ál die uit­dagings aan te pak, is miskien nie ’n slegte idee nie,” sluit Treu sy post af.

Die enigste spanne waarby swart afrigters deesdae in beheer is, is op Varsity Cup- en Varsity Shield-vlak, asook nasionale of provinsiale vrouerugbyspanne, en rugbyspanne in die Curriebeker se Eerste Liga.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters