2 maande gelede
Rugby in SA in gedrang
Jurie Roux.  ~ Gallo Images

ÁL DIE rolspelers in Suid-Afrikaanse Rugby (Saru), insluitende Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux, het vandeesweek vergader.

Dit is om die bedreiging wat die corona-virus-pandemie vir die spel inhou, te bespreek.

Alle rugbyaktiwiteite is reeds opgeskort voor die aanvang van die nasionale lockdown, en almal is dit eens as daar nie daadwerklik opgetree gaan word nie, is die voortbestaan van die professionele spel in gedrang.

Die meerderheid van die toernooie is uitgestel of afhangend van die situasie, sal hulle herskeduleer word.

’n Datum wanneer daar na die spel teruggekeer gaan word, moet nog bevestig word.

Na aanleiding van die Covid-19-bedreiging het alle belanghebbendes bymekaargekom.

Die toekoms van die bestuurders van die spel, die spanne en die belange van mense wat in die sport werk, is bespreek.

Saru het Vrydag ’n verklaring uitgereik waarin die organisasie bevestig het dat ’n werkgroep gestig is.

Verteenwoordig

Dit sluit die volgende in:

  • SA Rugby – beheerliggame wat wedstryde bestuur en wat kommersiële sake omsien;
  • Die Suid-Afrikaanse Rugbywerkgewersorganisasie (Sareo) – verteenwoordig die provinsiale werkgewers;
  • MyPlayers – verteenwoordig professionele spelers;
  • Sportwerknemers unite (SEU) – ’n vakbond wat werknemers wat nie speel nie, in die rugbybedryf verteenwoordig.

Die groep het in ’n gesamentlike verklaring gesê: “Ons is in voortdurende kommunikasie en het verskillende groepe geskep om die omvang van die finansiële impak op die besigheid van rugby te bepaal.

“Dit is ’n unieke situasie wat ’n unieke reaksie tot gevolg gehad het, en ons oorweeg ’n aantal potensiële scenario’s en hoe ons die impak op die sport en ons mense kan versag.

“Ons is deursigtig met mekaar om oplossings vir die betrokkenes te vind. Dit sluit die werkgewers, spelers en personeel in. Ons is naby aan die finalisering van ’n plan.

“Sodra dit voltooi is en ál ons kiesafdelings inkoop, sal ons dit kan deel met diegene wat geraak word.”

Intussen het die groep ’n beroep op die rugbygemeenskap gedoen om die belangrike opdragte van pres. Cyril Rama­phosa rondom die nasionale lockdown te volg.

’n Telekonferensie sal Vrydag met alle belanghebbendes in Suid-Afrikaanse Rugby gehou word.

Dit behoort meer lig op die pad vorentoe te werp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters