8 dae gelede
Ronaldo dog hy sou op 35 visvang, nou jag hy titel
Visserman: Cris­tiano Ronaldo soek nóg trofeë.  ~ Gallo Images

CRISTIANO Ronaldo glo dat hy die Champions League saam met Juventus kan wen, maar hy het gedink dat hy op 35 besig sal wees om vis te vang in Madeira.

Die Portugese speler het die afge­lope Woensdag sy verjaardag gevier en erken dat hy nou beoog om nóg ’n Champions League-titel te wen, maar hierdie keer saam met die Bianconeri.

“Om by Juventus te speel, gee my die kans om dit weer te wen,” het Ronaldo aan Canal 11 gesê.

“Ons weet dat dit moeilik is, daar is baie faktore, maar dit is moontlik omdat ons ’n goeie span het. Ons moet dit stap vir stap neem in die kompetisie.

Doel

“Op die ouderdom van 35? Ek het gedink ek sou by die huis in Madeira besig wees om vis te vang, ek wou ’n voetbalspeler word, maar ek het nooit daaraan gedink dat ek alles sou vermag wat ek sover gedoen het nie.”

Toe hy uitgevra is oor wat sy beste doel sover is, was sy antwoord: “Daar is te veel. Dit is nie maklik om een te kies nie; daar is baie en dit is moeilik, die overhead bicycle in die Champions League teen Juventus was sekerlik die moeilikste van almal.” – Juventus.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters