3 maande gelede
Roelf slaggereed vir sy Umoya-uitdaging
gregory roelfFoto: BACKPAGEPIX  ~ 

DOMINIC Isaacs, afrigter van Cape Umoya United, glo Gregory Roelf, sy nuwe aanwins, sal waarde by sy span voeg.

Dit kom nadat dié klub in die Nasionale Eerste Liga die 30-jarige Roelf se dienste vir die volgende seisoen opgeraap het.

Roelf is ook ’n ervare speler wat voorheen in die Premierliga (PSL) vir Santos uitgedraf het.

Roelf het egter nie ’n PSL-kontrak met Stellenbosch FC gekry nadat hy promosie gewen het nie.

Die voormalige Milano United-speler se oog vir doele van die middelveld of selfs as ’n striker gee Isaacs nou nóg ’n opsie in sy Umoya-span.

“Ek het hom al laas seisoen gejag, maar ek het reeds spelers soos hy gehad en moes die beste van my situasie maak,” verduidelik Isaacs.

“Hy het goed vertoon laas seisoen in die liga en het selfs teen ons gescore.

Natuurlik

“Ek weet wat hy kan doen. En met sy ervaring is hy die tipe speler wat ons kan help om ons doelwitte te bereik.

“Ek glo hy sal waarde by die span kan voeg,” meen Isaacs.

Intussen sê Roelf hy sien sommer baie uit na sy nuwe uitdagings met Umoya.

“Kyk, natuurlik wil almal in die PSL speel, maar jy moet die beste van die kans maak wat jy kry, selfs in die NFD.

“Ek is dankbaar teenoor die coach vir die geleentheid wat hy my gee,” het Roelf op sy beurt gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters