27 dae gelede
Roberts moet help rigting gee
Welkom in Kaapstad: Siya Kolisi, kaptein van die Stormers, verwelkom Jamie Roberts op Nuweland.  ~ Gallo Images

JAMIE Roberts het Kaap toe gekom om ’n Superrugby-toernooi te wen.

Só het die veteraan-senter van Wallis geantwoord toe hy vandeesweek gevra is waarom hy besluit het om sy loopbaan by die Stormers voort te sit.

Hy vertel: “Toe ek jonk was, het ek op ’n Saterdag vroeg wakker geskrik om Superrugby te watch.

“Ek weet dit is ’n ander game van wat ons in die Noordelike Halfrond aan gewoond is.

“Dit gaan ’n uitdaging wees om aan die vinniger tempo van die spel gewoond te raak.

“Vir my gaan dit alles oor die ervaring. Ek was gelukkig dat die direkteur van rugby by Bath erken het dit sou ’n wonderlike geleentheid vir my wees om my horison te verbreed.

“Ek was gelukkig dat John Dobson (Stormers coach) onlangs in Londen was. Hy was op soek na ’n ervare senter.

“John het my op Nuwejaarsdag ’n SMS gestuur en ons het dit van daar af gevat.

“Ek kom van Wallis en is gewoond aan ’n omgewing waar mense baie lief is vir die spel. In Suid-Afrika is rugby soos ’n godsdiens. Ek het 10 keer as speler hier getoer.

“Ek kan eerlikwaar sê dat dit ’n hoogtepunt was. Nou kry ek die geleentheid om lid te wees van ’n local span. Dis ’n geweldige eer.”

Die 33-jarige sal na verwagting in die nr. 12-trui ingespan word.

Dobson sê hy het Roberts­ na die Moederstad gelok om die skakelpaar Herschel Jantjies en Damian Willemse te help met hulle ontwikkeling.

Al was dié twee lede van die Springbok-groep wat laas jaar die World Cup in Japan gewen het, glo Dobson die teenwoordigheid van Roberts sal hulle net meer rigting gee.

“Hy’s ingebring om daardie twee spelers met hulle game management te help,” sê Dobson.

“Hopelik sal hy die beste uit hulle bring, veral Gaza (Willemse), wat al drie jaar op dié vlak speel.”

Roberts sê hy sien veral uit daarna om saam met Willemse te speel.

“Hy’t my drie keer tydens my eerste oefensessie gestep,” skerts Roberts.

“Ek voel hy het ál die tools om ’n speler van wêreldgehalte te wees.

“In sommige opsigte kan jy meer van ’n senior speler as ’n afrigter leer. Dit is deel van my ooreenkoms met die Stormers – om jonger ouens te help. Ek beskou dit as ’n voorreg om met ouens soos Damian, Rikus Pretorius en andere te werk. Ek kan hulle help met hulle geestelike benadering sowel as hulle game mangement.”

Die Stormers skop hulle Superrugby-veldtog volgende week op Nuweland teen die Hurricanes af.

Die Stormers-groep van 45 spelers: Juarno Augustus, Kwenzo Blose, Jaco Coetzee, Paul de Wet, Dan du Plessis, Jean-Luc du Plessis, Johan du Toit, Pieter-Steph du Toit, Ben-Jason Dixon, Schalk Erasmus, Neethling Fouché, Michal Haznar, Lyle Hendricks, Herschel Jantjies, Dan Jooste, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, David Kriel, Dillyn Leyds, Wilco Louw, Leon Lyons, Godlen Masimla, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, David Meihuizen, Salmaan Moerat, Matt More, Ruhan Nel, Scarra Ntubeni, Sergeal Petersen, Rikus Pretorius, Jamie Roberts, Sazi Sandi, JD Schickerling, Seabelo Senatla, Chad Solomon, Edwill van der Merwe, Ernst van Rhyn, Abner van Reenen, Chris van Zyl, Ali Vermaak, Cobus Wiese, Damian Willemse, Nama Xaba en Leolin Zas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters