13 dae gelede
Resultaat bobaas
DrieëvRAAT: Makazole Mapimpi op pad na een van sy drie drieë teen Japan. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

RASSIE Erasmus was uiteraard gelukkig oor sy span se oorwinning met 41-7 in Vrydag se warm-up game teen Japan in Kumagaya.

Die Bokbreier se enigste bekommernis behoort die fiksheid van Trevor Nyakane te wees.

Dié vaskopstut moes die veld met ’n besering in die tweede helfte verlaat nadat hy van die bank in die plek van Frans Malherbe opgebring is.

Benewens Nyakane was daar niemand anders wat beserings opgedoen het nie.

Proef

Erasmus het agterna gesê: “Daar is ’n paar spelers in die kleedkamer wat ’n bietjie moeg is, maar gelukkig het ons nie baie beserings nie.

“Japan het ons tot die einde tot die uiterste op die proef gestel.

Teen half-time was ons met 22-0 voor, maar hulle een drie is gescore nadat Frans Steyn ’n los pass gegooi het. Dit het hulle ’n bietjie hoop gegee.

“Hulle is ’n gevaarlike span wat ons regtig gechallenge het.

“Ek glo as ons in ons groep deurdring, is daar ’n kans dat ons weer teen hulle te staan kan kom.

“Die game het tot ’n sekere mate gegaan soos ons graag wou hê.

“Ons het baie hoë balle na hulle geskop om hulle onder druk te plaas. Ons wou sien hoe hulle dit gaan hanteer.

“Vier van ons drieë het van skoppe gekom waar ons die bal gecontest het. Ons is gelukkig hoe dinge uitgedraai het.”

Erasmus was beïndruk met die respek wat die tuisskare teenoor die Bokke tydens die game getoon het.

“Ek het nog nie so iets ervaar nie. Die skare het goeie spel aan beide kante waardeer. Hulle was ook doodstil wanner die skoppers pale toe gekorrel het.”

Die Bokke skop hulle World Cup-veldtog op 21 September teen die All Blacks in Yokohama af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters