3 maande gelede
Reesie is ’n vrou wat kán
Marisa Calvert Foto:Luigi Bennett  ~ 

SY HOU nie ’n rekord vir die vinnigste 100 m nie. Sy het ook nie goud in ’n Comrades gewen nie. Maar as jy nóú nog nie die naam Marisa Calvert gehoor het nie, is jou kennis van die sportwêreld maar bra eina.

As jy die laaste paar jaar met Varsity Sports gewerk het, sal Calvert se naam nie vir jou onbekend wees nie. Reesie, soos haar fans haar noem, gons permy op Twitter oor interessante topics.

Dit kan enige iets van peak traffic struggles wees tot hoe vroue nie regverdig behandel word in male dominated business areas nie.

Calvert is ’n ambassadeur vir die #RunningForPads movement.

“Ons is ’n paar runners wat sanitêre doekies collect op ons eie social media en ook wedlope gebruik­ om donasies vir pads in te samel,” sê Calvert aan Son op Sondag.

“Ongelukkig is sanitary wear só duur dat meisies dit nie kan bekostig nie, wat beteken hulle bly elke maand uit die skool uit.”

Reesie is ’n hardwerkende en toegewyde sports PR manager vir die Varsity Cup en Advent Sport Entertainment and Media (Asem) Engage. En sy is óral doenig. Dié boorling van Grabouw maak behoorlik waves.

Haar experience met die suksesvolle Varsity Cup-kompetisie maak dat sy amper die publicity vir dié toernooi met toe oë kan doen.

Verskil

“Dit is werklik ’n droom om met jong mense te werk,” sê Calvert trots. “Ek was seker ’n onderwyser in my vorige lewe.

Varsity Sports is ’n brand wat elke jaar groei sodat ons ’n verskil kan maak in die student-atletese lewe.”

Voor sy by Asem Engage aangesluit het, was sy by Brandnew Creative Agency.

Dié ma van een het in 2000 na Kuilsrivier getrek en woon nou saam met haar verloofde, Rick Engelbrecht, in Brackenfell.

Onlangs is sy vir die tweede jaar in ’n ry benoem vir GSports se PR and Sponsor­ship-toekenning. Dis ’n nasionale kompetisie waar vroue van landwyd in verskeie sektore van sport vereer word.

Die publiek se stemme bepaal die wenner in elke kategorie.

Die stemming het Vrydag gesluit. Die wenners word volgende week aangekondig.

“Dit is ’n groot eer om ’n tweede keer in die GSports Awards benoem te word. Dit bewys mense sien raak wat ons as sports publicists doen. My grootste obstacle is dat mense altyd praat van grassroots en development, maar ons doen nie naastenby genoeg om jeugsport top of mind te maak nie.”

Daar is talle ander uit die Kaap wat saam met Calvert benoem is.

Vroue soos Rogail Joseph, die huidige Suid-Afrikaanse en Afrika-kampioen in die 100 m- en 400 m-hekkies vir vroue o. 20.

Joseph is ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK). Sy het vroeër vanjaar die SA titel by die USSA-atletiek­byeenkoms verower.

Verower

Die Banyana Banyana-afrigter, Desiree Ellis, wat die span na sy eerste Wêreldbeker-sokkertoernooi geneem het, is as afrigter van die jaar benoem.

Ellis, ’n boorling van Soutrivier, het talle uitdagings oorkom om ’n nasionale speler en later coach van die SA span te word. In ’n artikel in City Press laas jaar het Ellis van hierdie challenges gehighlight.

“Ek was drie jaar sonder werk,” het sy vertel. “Al het albei my ouers gewerk, kon ek nie nuwe boots bekostig nie. Tot my spanmaats (by Banyana Banyana) het my gevra hoekom koop ek nie net vir my nuwe boots nie.

“My straightforward antwoord was dat ek dit nie kon bekostig nie.”

Ellis het tussen 1993 en 2002 vir Banyana Banyana uitgedraf.

Nadeema Levy, een van die hooforganiseerders vir touch rugby in die Kaap, is benoem as vrywilliger van die jaar.

Sy is al langer as ’n dekade betrokke en help atlete, veral vroue, met baie fondsinsamelings – soms selfs uit haar eie sak. 

Desiree Ellis Foto’s: Gallo Images
Rogail Joseph
Marisa Calvert Foto:Luigi Bennett
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters