Verlede maand
Reds laat Saders skrik
Krag en skill: Taniela Tupou is ’n handvol vir die Crusaders se verdediging.  ~ Getty Images

DAAR is darem Australiese spanne wat dié jaar met meer ruggraat in Superrugby speel.

Al het hulle Vrydag op die ou einde in Christchurch, Nieu-Seeland, met 20-24 teen die Crusaders verloor, lyk die Reds steeds na ’n span wat in die toekoms dié kompetisie kan wen.

Maar bygesê, dit gaan nie sommer dié jaar al wees nie, want Brad Thorne (afrigter) se span het nou reeds vyf van sy ses wedstryde vir die huidige seisoen verloor.

As ’n mens egter na sommige van daai verloorstryde gaan kyk, gaan talle objektiewe rugbyondersteuners dit eens wees dat Thorne se span verdien het om van daai games te wen.

Die Reds het die Crusaders vir lang tydperke in Vrydagoggend se match onder massiewe druk geplaas.

Die Reds het boonop ook vier drieë gaan druk – een meer as die Cru­saders. Hulle krank was egter dat ál vier die stelskoppe pale toe mis was.

Puntemakers

CRUSADERS – drieë: Joe Moody, George Bridge, Leicester Faingaanuku; doelskoppe: Richie Mo’unga (3); strafdoel: Mo’unga.

REDS – drieë: Chris Feauai-Sautia, Harry Wilson, Taniela Tupou, Henry Speight.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters