25 dae gelede
Reds gaffel Blue Bulls behoorlik
TE STERK: Scott Malolua van die Reds vat die Bulls se verdediging aan.  ~ Gallo Images

DIE Reds het gister in die Suncorp Stadium van agter gekom en ’n indrukwekkende oorwinning met 41-17 oor die Blue Bulls behaal.

Die Reds het ses drieë gedruk teenoor die Bulls se drie.

Dit was nadat die Reds swak begin en gesukkel het om balbesit te wen, met die Bulls wat ná 20 minute se spel reeds met 17-0 voorgeloop het.

Die Bulls sal hulleself skop dat hulle nie die oorwinning deurgetrek het nie.

Aanval

Met drie drieë ná 16 minute moes hulle baie beter vaar, maar die Reds het teruggekap met drie drieë van hulle eie voor en ná rustyd.

Die Bulls het geen antwoord gehad vir die Reds se aanval ná rustyd nie en het met tye amper moeg gelyk op die veld.

Die Bulls se kaptein, Trevor Nyakane, het self erken hulle is verbaas oor hulle eie ver­toning. “Dis seker deels weens die op en af reis, maar alle spanne reis. Dit is dus nie ’n verskoning nie,” het hy gesê.

Puntemakers:

REDS – drieë: Liam Wright, Isaac Lucas, Lukhan Salakaia-Loto, Alex Mafi, Harry Hoopert, Taniela Tupou; doelskoppe: Bryce Hegarty (4); strafskop: Hegarty.

BULLS – drieë: Embrose Papier, Rosko Specman, Warrick Gelant, doelskop: Manie Libbok

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters