12 dae gelede
Pumas bly aan in CB se Premierliga
LUTHER OBI Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Pumas sal volgende jaar weer in die Curriebeker se Premierliga speel.

Die Pumas het Vrydagaand in die Mbombela Stadion in Nelspruit maklik die aanslag van die besoekende Griffons afgeweer. Die Pumas het sonder moeite met 49-5 gewen.

Die wedstryd was teen rustyd nog so ietwat in die weegskaal met die telling 11-0 in die tuisspan se guns.

Dít kan toegeskryf word aan verroestheid, want voor Vrydag se uitspeel het die Pumas basies drie weke laas rugby gespeel.

Sluise

Die Griffons was egter nog laas naweek in aksie in die eindstryd van die Currie Cup se Eerste Liga.

Die besoekers van Welkom het hard probeer en was vir ’n groot gedeelte nog in die stryd, maar die sluise het in die tweede helfte oopgegaan en die Pumas het uiteindelik weggehardloop met die wedstryd.

Die Pumas se helde was Marko Janse van Rensburg (haker) en die spoedvraat Luther Obi (vleuel). Hulle het albei ’n tweekuns aan drieë gaan druk. 

puntemakers

PUMAS – drieë: Marko Janse van Rensburg (2), Luther Obi (2), Ashlon Davids, Alwayno Visagie; doelskoppe: Chris Smith (3), Devon Williams, Kobus Marais; strafdoele: Smith (3).

GRIFFONS: drie: Danrich Visagie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters