21 dae gelede
Poemas ’n nagmerrie vir Franse
MYNE! Argentinië se Emiliano Boffelli en Frankryk se Romain Ntamack gaan albei vir die bal.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

FRANKRYK se rugbyspan bly maar ’n onvoorspelbare span. Die Franse het gister in Tokio ’n groot voorsprong prysgegee, maar tog genoeg gedoen om die Argentyne baas te raak.

Les Bleus het in die eerste helfte baie goeie rugby gespeel en in die tweede helfte alles in hulle vermoë gedoen om die wedstryd prys te gee.

Hulle het uiteindelik met 23-21 gewen nadat hulle in die rustyd ’n reuse-voorsprong van 20-3 geniet het.

’n Verbete terugvegpoging ná die rustyd het die Argentyne egter terug in die wedstryd gebring. Hulle het in ’n stadium met 21-20 voorgeloop.

Kans

’n Skepdoel van Camile Lopez, die plaasvervanger-losskakel, het die Franse gered.

Die Argentyne het nog in die 79ste minuut ’n gulde geleentheid gehad om wel te wen toe Gaël Fickou gestraf is omdat hy Emiliano Boffelli in die lug gespeel het.

Boffelli se lang poging was egter mis.

Argentinië se volgende toets is Saterdag teen Tonga, terwyl Le Bleus nou ’n lekker ruskans kry voordat hulle die VSA op Woensdag 2 Oktober pak. 

puntemakers

FRANKRYK – drieë: Gaël Fickou, Antoine Dupont; doelskoppe: Romain­ Ntamack (2); strafdoele: Ntamack (2); skepdoel: Camille Lopez.

ARGENTINIË – drieë: Guido Petti, Julián Montoya; doelskop: Nicholás Sánchez; strafdoele: Sánchez, Benjamín Urdapilleta (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters