15 dae gelede
Poemas gee Tonga gas
mooi! Julián Montoya (links) se kaptein, Pablo Matera, wens hom geluk. Foto: REUTERS  ~ 

ARGENTINIË het gister sy groep C-wedstryd teen Tonga met 28-12 gewen.

Hy het in die rustyd gerieflik met 28-7 voorgeloop.

Die Argentyne het gelyk asof hulle ’n krieket-telling sou aanteken nadat hulle in ’n blitsoorlog in die eerste helfte ná 28 minute met 28-0 voor was.

Julián Montoya (haker) het in dié tyd ’n driekuns aan drieë behaal en só die eerste haker in die geskiedenis geword om ’n World Cup hat-trick te behaal.

Tonga het egter daarna die sluise toegemaak en die Argentyne vir die res van die wedstryd scoreless gehou.

Gesorg

Tonga het kort ná Montoya se driekuns ook gaan druk. Sy heelagter, Telusa Veainu, het gescore nadat ’n skop in ’n vroeër fase afgestorm is om die telling op 28-7 te staan te bring.

Die res van die wedstryd het maar vir min opwinding (en punte) gesorg.

Tonga het eers weer in die 66ste minuut punte aange­teken toe Veainu skitterend in die regterhoek afgerond het.

Argentinië sal gelukkig wees met dié oorwinning, maar sal moet leer om nie aan die slaap te raak gedurende wedstryde as hy tot in die kwarteindronde wil vorder nie.

Suid Afrika se Jaco Peyper was die skeidsregter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters