6 dae gelede
Piatek dalk by Spurs
Krzysztof Piatek  ~ Gallo Images

MET Harry Kane uit is Tottenham Hotspur besig om met Krzysztof Piatek van die Serie A-span AC Milan te onderhandel.

Kane het ’n dyspierbesering opgedoen teen Southampton in die Premier League en het reeds ’n operasie ondergaan wat hom tot April sal uithou.

Daarom kort Spurs ’n doelskieter en Piatek (24) blyk die plaasvervanger te wees, volgens skysports.com.

Tans is onderhandelinge nog nie ver gevorderd nie.

Piatek het in Januarie laas jaar van Genoa by AC Milan aangesluit op ’n kontrak van vier en ’n half jaar.

Hy het al 39 verskynings gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters