24 dae gelede
Pépé bring magic
Ster: Nicolas Pépé is ’n “spesiale speler”.  ~ Gallo Images

NICOLAS Pépé, sterspeler van die Gunners, is nou goed op dreef nadat hy sy span Donderdagaand in die Europa League gelei het na ’n oorwinning van 3-2 oor Vitória SC.

Pépé het van die bank gekom en twee free kicks verby Vitória se doelwagter gesit.

Dit het die span van ’n swak vertoning deur die ander spelers gered.

Arsenal se verdediger Kieran Tierney het ná die stryd gesê Pépé is baie spesiaal.

“Ons het ’n bietjie magic gekort en dít wys net hy het die magic,” het Tierney aan arsenal.com gesê.

Die vraag is of Pépé nou dieselfde vertonings in die Premier League kan lewer wanneer Crystal Palace hulle vandag in die Emirates Stadion besoek.

Die Gunners het ook ’n 17 jaar oue tuisrekord om in dié wedstryd te verdedig.

Vandat die Gunners in die 2006-’07-seisoen van Highbury na die Emirates geskuif het, het hulle nog nooit ’n tuisstryd in Oktober verloor nie.

Gewen

Die laaste keer dat die Gunners in Oktober verloor het, was in 2002 toe Blackburn Rovers hulle in High­bury met 2-1 geklop het.

Sedert daai stryd het die Gunners 25 wedstryde gewen en 5 gelykop gespeel.

Tans is Palace ná nege games in die sesde plek – een punt agter die Gunners.

Die Gunners was in die derde plek voordat hulle laas week met 0-1 teen Sheffield United verloor het.

’n Goeie vertoning en sege is dus noodsaaklik om te verseker die Gunners sak nie terug op die punteleer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters