15 dae gelede
PE Trainers gaan veg
OP DREEF: One­sie se vorm wys sy kan onder die eerste vier perde in die hoofwedren eindig.  ~ Pauline Herman

DIE afrigters van die Baai mik na hulle eerste oorwinning in 10 jaar wanneer die gewilde Algoa Cup vandag oor 2 000 meter op Fairview se grasbaan beslis word.

Hoewel dit weer na ’n opdraande stryd lyk met talentvolle perde van die Kaap en KwaZulu-Natal, kan aanvaar word die plaaslike afrigters sal met mening veg om die trofee in die Baai te hou.

Onesie

Die laaste Baaise perd wat die wedren gewen het, was Surfin’ USA in 2009. Hy is deur Jacques Strydom afgerig en deur Piére, sy broer, gery. Sedertdien het besoekende afrigters hulle greep op die wedren versterk.

Nege Baaise perde neem deel.

Dit lyk of dit juis Strydom se Onesie is wat die beste kans het om onder die eerste vier te eindig.

Al is Onesie ’n merrie wat teen die manne hardloop, is sy goed op dreef. In haar laaste twee races is sy net-net geklop en sy het in April, Mei en Junie drie wedrenne agtereenvolgens gewen.

Knights Templar, uit die stal van Justin Snaith, is die vroeë gunsteling teen 7/2.

Die vier jaar oue reun sal deur Richard Fourie gery word.

  • Die wedren begin 15:30 en word op DStv se sportkanaal 239 uitgesaai.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters