20 dae gelede
PE-bokser is op regte pad
DANKIE, DAD! Darrin Rossouw soen sy pa en afrigter, Lindon, oomblikke ná sy oorwinning.Foto: NICK LOURENS  ~ 

DIE jong Baaise bokser Darrin Rossouw het die regte atti­tude om ’n sukses van sy beroepsloopbaan te maak.

Dít het hy met die intrapslag gewys kort nadat hy ingeweeg het vir sy debuutgeveg teen Ramsey Hlungwane van Limpopo.

Wanneer boksers klaar ingeweeg het, draai hulle normaalweg na mekaar en kyk mekaar stip in die oë – sonder om ’n oog te knip.

Maar nie Rossouw nie. Hy het met ’n groot smile na Hlungwane gekyk en selfs met hom gepraat!

“Is jy gereed vir die geveg?” het hy gevra.

Hiermee het hy sy dominasie sommer vroeg al gewys. Rossouw het ’n wen begin gemaak toe hy sy teenstander in die vierde en laaste ronde met ’n TKO verslaan het.

Die Baaienaar is dus op die regte pad.

Met die oud-wêreldkampioen Brian Mitchell as jou bestuurder, saam met albei voete in die deur by Golden Gloves en met Rodney Berman as promotor, lê die pad na sukses oop.

Rossouw en sy afrigter/pa, Lindon, wag nou op terugvoer van Mitchell oor die pad vorentoe.

Die verwagting is dat Rossouw voor die einde van die jaar aan sy tweede geveg sal deelneem.

’n Aankondiging word binnekort verwag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters