29 dae gelede
Pakistan neem voortou
DURBAN, SOUTH AFRICA - JUNE 22: Achille Cloete fie
Achille Cloete tydens hul wedstryd teen Pakistan  ~ gallo images

PAKISTAN se o.19-krieketspan het eerste bloed geruik in die eendaagse reeks teen sy eweknie van Suid-Afrika.

Die besoekers het Saterdag op die Chatsworth Oval net buite Durban met 17 lopies gewen om die voortou met 1-0 in die reeks van sewe kragmetings te neem.

Suid-Afrika het met rukke en stote gespeel wat Pakistan toegelaat het om te wen.

Pakistan het goed weggespring in sy kolfbeurt, maar Suid-Afrika se boulers het mooi teruggeveg.

Die Pakistan-stert het egter sy kant gebring om die telling na 226/9 te neem.

Suid-Afrika se kolwers het gesukkel om vloeiend teen akkurate boulwerk te kolf en die verlangde lopietempo het te groot geword.

Die tuisspan het met 209/9 geeindig.

Die eendaagse bepalings tussen die o.19-spanne is:

25 Junie: 2de Jeug ODI SA t Pakistan (PMB)
27 Junie: 3de Jeug ODI SA t Pakistan (PMB)
30 Junie: 4de Jeug ODI SA t Pakistan (PMB)
2 Julie: 5de Jeug ODI SA t Pakistan (PMB)
5 Julie: 6de Jeug ODI SA t Pakistan (Chatsworth)
7 Julie: 7de Jeug ODI SA t Pakistan (Chatsworth)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters