3 maande gelede
O.P. spog met nuwe losskakel
kry kans: Martin du Toit in aksie vir die Southern Kings vroeër vanjaar in die Pro14. Foto: gallo images  ~ 

DIE Oostelike Provinsie het ’n nuwe losskakel – Martin du Toit neem oor by Oliver Zono.

Dít gebeur vir hulle SuperSport Challenge-wedstryd vandag in die Wolfson-stadion teen die Sharks.

Zono sit uit weens persoonlike redes nadat hy baie goed gevaar het in sy vorige vyf wedstryde.

Dit gee Du Toit egter weer ’n kans om te wys wat hy kan doen.

Die skuif beteken Ntabeni Dukisa bly op senter, waar hy tans baie goed vaar.

Michael Botha, die heelagter wat die eerste vyf wedstryde gespeel het, moes hom ook onttrek en word vervang deur die Madibaz se Tristan Fourie.

Fourie het uitgeblink in die Madibaz se Varsity Shield-veldtog en lyk na een van die OP se staatmakers vir die toekoms.

Stut

Hy’t ook ’n goeie skopvoet wat die OP-breier, Chumani Booi, kan inspan as hy dit nodig het.

Onder die voorspelers maak die stut Luvuyo Pupuma sy terugkeer op die bank nadat hy ’n ligte kniebesering opgedoen het.

Die OP gaan mik om vandag sy derde oorwinning in die kompetisie te behaal.

Die Vrystaat se wedstryd teen die onoorwonne Westelike Provinsie skop 12:30 in die Wolfson-stadion af.

Die Olifante-Sharks-wedstryd sal 14:30 afskop.

Toegang tot die stadion is gratis.

OP-Olifante se span:

Tristan Fourie, Athi Mahinje, Sonwabile Mantyoyi, Ntabeni Dukisa, Riaan Arendse, Martin du Toit, Richman Gora, Rynardt van Wyk, Jurie van Vuuren, Diego Wil­liams, Lubabalo Mtyanda, Lindokuhle Welemu, Johan van Wyk, Mihlali Mpafi, Xandre Vos. BANK: Tembekile Boltina, Luvuyo Pupuma, Dewald Barnard, Anele Lungisa, Pieter Steph de Wit, Sonwabo Majola, Sherwin Slater.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters