11 dae gelede
OP se refs dankbaar vir bydraes
RICHARD JORDAANFOTO VERSKAF  ~ 

DIE nuus oor die OP Rugbyunie se skeidsregters wat weens die Covid-19-pandemie besig is om dood te bloei, het elke uithoek van die land bereik.

Daarom is dit verblydend dat daar mense is wat hul hart oopgemaak het om ’n bydrae tot die OP-Skeidsregtersver­eniging se noodfonds te maak.

“Ja, ons is baie dankbaar vir almal wat bydraes gemaak het. Ons het al ’n hele paar inbetalings gehad,” sê Jacques Hugo, voorsitter van die vereniging.

“Ons het selfs hulp uit Mpumalanga gekry. En ons het ook inbetalings van skole gekry. Dit laat ’n mens klein voel omdat die skole self swaarkry.

Verlig

“Daarom wil ons vir almal baie dankie sê wat hul beursies oopgemaak het. Ons waardeer dit. Ons tesourier, Richard Jordaan, en Dante Rademeyer sal met die beskikbare fonds kospakkies opmaak om af te lewer.

“Sodoende kan ons die nood ietwat verlig,” sê Hugo.

Die noodfonds is gestig om bystand te verleen aan blasers wat sukkel om kop bo water te hou. Volgens Hugo was baie blasers voor die krisis reeds werkloos. Nog vele meer het nou ook geen inkomste nie.

“Die nood is baie groot. Dis ook een van die redes waarom ons blasers in groot getalle verloor,” voeg Hugo by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters