25 dae gelede
Ons is orraait – José
josé mourinhoFoto: getty images  ~ 

DIE Manchester United-breier, José Mourinho, sê hy het geen probleem met die klub se uitvoerende hoof, Ed Woodward, nie.

Die breier het op ’n nuuskonferensie voor sy en sy span se wedstryd môreaand teen Tottenham Hotspur oor Woodward gepraat.

Mourinho het vir 4 minute en 19 sekondes gesels – veel korter as normaalweg – en gesê hy het nie enige berigte van ’n uitval tussen die twee gesien nie.

“Ek weet nie 10% van wat geskryf word nie,” het hy gesê. “Ek is nie die regte ou om te antwoord nie.”

Toe hy daaraan herinner is dat hy in die verlede altyd met respek oor Woodward gepraat het en gevra is of hul verhouding steeds goed is, het hy bygevoeg: “Natuurlik. Daar is g’n probleme nie.”

Hy is ook gevra of daar konflik ontstaan het ná United se nederlaag van 3-2 in Brighton in die Premier­liga verlede naweek.

Mourinho se kort en kragtige antwoord?

“Julle is pessimisties, ek is nie.” SuperSport.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters