17 dae gelede
Olywe en kaas vir Citizens
JOHN ComitisFoto: BACKPAGEPIX  ~ 

JOHN Comitis, Cape Town City-eienaar, glo sy nuwe besem, die Griek Giannis Potouridis, is die real deal­.

Dié 27-jarige interna­sionale verdediger spog met Europese sowel as Champions League-ervaring.

Verwagtinge is dat hy CT City se probleme in defence, weens langtermyn-beserings aan spelers soos Kouassi Kouadja, sal kan oplos­.

Potouridis was ook voorheen op die boeke van die groot Griekse sokkerklub Olympiacos.

Dis g’n geheim Comitis het die skuif ge-organise nie omdat die City-baas self diep wortels in Griekeland het.

Comitis is ook heel opgewonde­ oor die aanstelling van sy splinternuwe “Griekse god”.

Hy reken hy sal perfek by City inpas.

“Ek dink dis soos olywe en feta. Ek is vas oortuig hy gaan waarde toevoeg en die span versterk,” het Comitis aan Son op Sondag gesê.

Om te verseker dat spanne nie gereeld teen hulle doele aanteken nie, was tot dusver die seisoen die Kaapse span se Achilles heel.

City het in sy nege wedstryde tot dusver net 13 doele aangeteken en ’n volle 15 afgestaan.

Net die tyd sal leer of Potouridis inderdaad die real deal is.

City bevind hom tans in ’n moeilike situasie op die Premiersokkerliga se punteleer.

Die Kapenaars is maar 13de op die log, met net een sege in nege games agter hulle naam.

Daar is wel Woensdagaand, voor hulle begeesterde tuisskare, ’n gulde geleentheid­ om dinge­ so bietjie reg te stel.

City pak Polokwane City van 19:30 in die Kaapstad Stadion.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters