11 dae gelede
Nuwe ma lyk Megh-nificent
stylvol: Meghan Markle lyk pragtig. Sy het twee maande maand gelede die lewe geskenk aan haar en prins Harry se eersteling.Foto’s: getty images  ~ 

MEGHAN Markle en Serena Williams ís friendship goals.

Die hertogin van Sussex het die 23-malige Grand Slam-kampioen (albei 37) Donderdag by Wimbledon gaan ondersteun.

Dit is die eerste keer dat prins Harry se vrou op haar eie op ’n uitstappie is sedert hulle kleintjie, Archie, op 6 Mei gebore is.

Hoewel sy haar klein bloubloedjie by die huis gelos het, het sy ’n fyn hangertjie met ’n A daaraan gedra om seker te maak haar eersteling is steeds na aan haar hart.

Ek sien op hellomagazine.com die voormalige aktrise se varsity-vrinne Genevieve Hillis en Lindsay Roth, wat natuurlik in Brittanje is om Archie se doopdiens by te woon, was saam met haar by die tennis game.

Die nuwe mammie is steeds met kraamverlof, maar dis die tweede keer dié week dat sy uit is. Vroeër in die week het sy en haar hubby (34) die launch van die heel eerste baseball tournament in Brittanje bygewoon.

En terwyl jy nou dít lees, is die koninklikes besig om hulle nuutste toevoeging tot die koninkryk in te seën.

Môre wys ek julle foto’s van kleine Archie se inseëning.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters