18 dae gelede
Nog sukses vir Joemath

OP NET 21 het hy reeds sy fair share van teleurstellings beleef, maar dis die soet smaak van sukses wat sy hustle en bustle die moeite werd maak.

“Solank ek waardevolle lesse uit my mislukte efforts leer, is dit nie alles verlore nie,” vertel Zizwe United se belowende defender Craig Joemath.

“Nie als gaan vir jou smooth verloop in die lewe nie. Dis waarom ek die highs met die lows vat.

“Ek het dit tot in Denemarke met my trials gemaak. Ek kon egter nie ’n visa kry vir ’n permit nie en moes toe terugkom. Maar ek het ontsettend baie geleer, my independence, die taal en kultuur, dit was ’n goeie experience.”

Die lefty, wat sy sokkerloopbaan by Wesley United begin het, is well-travelled.

Dis net ’n kwessie van tyd voordat Joemath in sy hero, Clayton Daniels van SuperSport United, se diep voetspore volg.

Joemath, ’n eerstejaarstudent in ekonomiese ontwikkeling aan die Universiteit van Wes-Kaapland, het reeds vir talle klubs, soos Ajax Cape Town, Old Mutual, Grassy Park en Maties Akademie uitgedraf.

Met laasgenoemde het Joemath ook ’n Castle Liga-medalje verower toe hulle ’n paar seisoene gelede die Cape Winelands-streek gewen het.

Maar dis sy sukses met Steenberg United en twee Tweede Liga-medaljes agtereenvolgens wat hom een van die most-decorated youngsters op die scene maak.

Voorbeeldig

“Dis veral van my pa, Shane, van wie ek inspirasie trek. Hy was ook ’n passievolle soccer player vir Sea Point Swifts en het my aan die game blootgestel.

“En as die oudste van drie broers moet ek seker maak ek is voorbeeldig en inspireer hulle ook,” voeg Joemath by.

Hy sê Zizwe is tans onoorwonne in die Tweede Liga en op die drumpel om promosie na die Glad Africa Championships te wen.

“Die level en intensiteit is hoog en jy moet elke week jou A-game bring,” wys Joemath verder uit.

“Ons het drie left-backs en die feit dat ek speel, sê my nogal ek doen iets reg, jy weet?

“Ek wil ook my ma, Jill, en pa asook my broertjies bedank vir die support.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters