18 dae gelede
Net té veel swak besluite
STEVE BARKER Foto’s: GALLO IMAGES  ~ 

WAT jy saai, sal jy maai!

En in ’n results-driven bedryf soos sokker, is sokkerafrigters en -spelers se loopbane en toekoms nooit gewaarborg nie.

Maar dan is daar die flipside, waar coaches, ondanks goeie diens en prestasies, in die pad gesteek word.

Die huidige gesukkel van die PSL-debutant, Stellenbosch, toon sulke tekens van waar karma hom gaan kom inhaal.

’n Mens kan nie help om te wonder of Stellies se afrigter, Steve Barker, nie dalk ’n fout begaan het deur talle van sy tegniese span en spelers wat hom gehelp het om promosie te wen, in die pad te steek nie. Dis beslis nie die beste manier om te werk te gaan nie.

Chippa United is ’n voorbeeld van wat al in die verlede gebeur het. Die Chilli Boys het in 2011/12 promosie na die PSL gewen.

Gerelegeer

Chippa se eienaar, Chippa Mpengesi, het omtrent wholesale changes gemaak en baie van die spelers gepos wat hom gehelp het om na die PSL bevorder te word.

En wat gebeur toe? Chippa is weer die volgende seisoen gerelegeer.

Nét so is Boebie Solomons in 2005/6 in die pad gesteek nadat hy Wits na die Eerste Liga-titel gelei en Wits na die PSL gevat het. Solomons is toe met Eric Tinkler en Roger de Sá vervang wat byna die Clever Boys sy top-flight status gekos het.

Ajax se onreg met sy spelers en personeel het dié tot nuwe laagtes laat daal.

Niemand sou ooit kon dink die mighty Urban Warriors met hulle Europese invloed sal ooit in die Eerste Liga speel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters