2 maande gelede
Mourinho hoop Red Devils wen
José Mourinho Foto: getty image  ~ 

ALLE oë is vandag natuurlik op Manchester United.

Dít nadat die Red Devils laas week met 3-0 teen Tottenham Hotspur vasgeval het. Dié keer speel United weg op Turf Moor teen Burnley.

Burnley het tot dusver nie ’n goeie begin met sy veldtog gehad nie en kon ná drie wedstryde nog net een punt verdien.

Die United-breier, José Mourinho, soek ’n goeie reaksie van sy span ná hul swak nederlaag, maar hoewel Burnley sukkel, gaan hulle nie maklik die punte aan die Red Devils afstaan nie.

Moeilik

Unai Emery gaan hoop op sy tweede oorwinning wanneer Arsenal Cardiff City in die Cardiff-stadion besoek.

Emery se begin by Arsenal was sover moeilik met wedstryde teen Manchester City en Chelsea. Die Gunners het wel teen West Ham reggekom en hul eerste oorwinning behaal.

Cardiff kon sover net twee punte kry ná drie wedstryde. Tottenham en Watford, wat ’n perfekte begin tot die liga gemaak het, pak ook mekaar.

Tottenham gaan by Vicarage Road besoek aflê en lê tans tweede ná hul oorwinning oor United.

Watford lê in die vierde plek. – Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters