3 maande gelede
Miller gereed om te ontplof
LEEDS, ENGLAND - MAY 19: Eoin Morgan of England bats during the 5th One Day International between England and Pakistan at Headingley on May 19, 2019 in Leeds, England. (Photo by Alex Davidson/Getty Images)Foto:  ~ 

MAK blaaie word vir vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Engeland en Wallis voorspel.

Die wêreld se beste krieketspanne sal na verwagting reuse-tellings opstapel wanneer die toernooi Donderdag in Londen begin.

Dié toestande kan ’n fees wees vir die finishers – daardie manne wat instap en gewoonlik van meet af aan net die lopies met asemrowende, dikwels onortodokse houe inryg.

Watter manne gaan in vanjaar se toernooi die belangrike wedstryde vir hulle onderskeie lande wen deur die rol van finisher perfek te vertolk?

Die Proteas se kaptein, Faf du Plessis, glo David Miller sal daardie man wees.

Du Plessis wil Miller op nommer 5 in die orde inspan om hom tyd te gun om sy voete te vind voordat hy “ontplof”, soos Faf dit stel.

En Miller kán ontplof! Hy teken selde sy lopies in ODI’s teen minder as ’n lopie per bal aan.

Daar is heelparty ander finishers wat deur die boulers gevrees word.

Slaanwerk

’n Meer ervare finisher as Indië se MS Dhoni sal jy nie sommer kry nie.

Engeland se kaptein, Eoin Morgan, hou daarvan om self die finisher te wees.

Die Aussie Marcus Stoinis is nie ’n veteraan nie, maar hy het al gewys hy kan wedstryde met sy slaanwerk wen.

Colin Munro, wat nes Miller in KwaZulu-Natal gebore is, gee Nieu-Seeland altyd ’n wenkans wanneer hy lostrek.

Wanneer die finishers vlamvat, sal geen veld in Engeland groot genoeg wees nie.

Sterkte, boulers!

david miller

Land: Suid-Afrika

Ouderdom: 29

Kolfposisie: 5/6

Kolfstyl: Links

ODI’s: 120

Kolfgemiddelde: 38,96

Treftempo: 100,86

Lopies: 2922

Hoogste telling: 139

100’s: 5

50’s: 12

Eoin morgan

Land: Engeland

Ouderdom: 32

Kolfposisie: 4/5/6

Kolfstyl: Links

ODI’s: 222

Kolfgemiddelde: 39,64

Treftempo: 90,38

Lopies: 6 977

Hoogste telling: 124*

100’s: 12

50’s: 45

ms dhoni

Land: Indië

Ouderdom: 37

Kolfposisie: 5/6

Kolfstyl: Regs

ODI’s: 341

Kolfgemiddelde: 50,72

Treftempo: 87,55

Lopies: 10 500

Hoogste telling: 183*

100’s: 10

50’s: 71

marcus stoinis

Land: Australië

Ouderdom: 29

Kolfposisie: 5/6

Kolfstyl: Regs

ODI’s: 33

Kolfgemiddelde: 38,52

Treftempo: 93,49

Lopies: 963

Hoogste telling: 146*

100’s: 1

50’s: 6

colin munro

Land: Nieu-Seeland

Ouderdom: 32

Kolfposisie: Wisselend

Kolfstyl: Links

ODI’s: 51

Kolfgemiddelde: 24,91

Treftempo: 105,52

Lopies: 1 146

Hoogste telling: 87

100’s: 0

50’s: 7

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters