2 maande gelede
Met Lood kies Pote regte ou
LOOD DE JAGERFoto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Bulls-afrigter, Pote Human, het raakgevat met sy keuse van Lood de Jager as nuwe kaptein.

De Jager is nie net gewild op Loftus Versfeld nie, maar ook ’n speler wat met sy inklimspel van voor af lei.

Toe hy tydens die Curriebeker-kompetisie nog met ’n borsbesering langs die kantlyn was, het hy Human met die Bulle se lynstaanspel bygestaan.

Daar is sommige mense wat gemeen het die Springbok-aanwins Duane Vermeulen sou ’n goeie opsie wees, maar die groot agsteman meld hom eers die einde van die maand op Loftus Versfeld aan.

Handré Pollard is as onderkaptein aangewys.

Intussen is De Jager kliphard aan die voorberei met die beskikbare groep en daarom is die meerderheid ondersteuners tevrede dat Human die regte kaptein vir die nuwe seisoen aangewys het.

Ook die aanwysing van Chris Rossouw as agterlynafrigter kan ’n vars briesie deur Loftus laat waai.

Met die oud-Bulle-kaptein Anton Leonard as keuse vir lynstaanafrigter kan daar in Victor Matfield se afwesigheid min fout gevind word.

Leonard het jare se ervaring en dit kan Human baat om dié taak aan iemand met “blou” bloed te gee.

Almal is egter nie so seker of Pine Pienaar die regte keuse vir verdedigingsafrigter is nie.

Daar heers egter ’n gees van optimisme in Pretoria dat 2019 een van die Bulls se beter seisoene gaan wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters