8 dae gelede
Marlin kla oor ‘sagte doele’
Calvin Marlin.  ~ Backpagepix

CALVIN Marlin, Ajax Cape Town se instaan coach, is glad nie ’n happy chappy oor die manier waarop sy span sagte doele inlek nie.

Dit volg nadat hulle mede-Eerste Liga-span TS Sporting die Kaapse span met 3-4 (2-2) op penalties uit die Nedbank Cup geboender het.

Ajax kan maar net homself blameer nadat hy baie goeie karakter getoon het deur terug te veg om sake gelyk te maak in die speeltyd van 90 minute.

Dit was ook die lotery van penalties wat tot die Urban Warriors se ondergang gelei het.

Marlin is lank genoeg in die game om te weet penalties het meer te doen met geluk.

Ongelooflik

Dis egter sy span se onvermoë om “sagte doele” in te lek wat die voormalige Mamelodi Sundowns goalie behoorlik laat gal braak.

“Ek is nié regtig gelukkig met die manier hoe ons speel nie,” verduidelik Marlin.

“Die manier hoe ons doele inlek, in ongelooflik.

“Ons kan nie elke keer doele afstaan en dan verwag dat ons drie of vier doele gaan kry nie, maar dan lek ons agterlangs doele in soos niks nie.

“Nee wat, ek is nie gelukkig oor die sagte doele wat ons afstaan nie. Dis beslis iets waaraan ons sal móét werk,” het Marlin afgesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters