6 maande gelede
Manny soek ’n ko
SLAAGS: Manny Pacquiao en Adrien Broner tydens ’n nuuskonferensie.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE Filippynse boksheld Manny “Pacman” Pacquiao wil Adrien “The Problem” Broner uitslaan wanneer hulle op 19 Januarie in Las Vegas deur die toue klim.

Die Wêreldboksvereniging (WBA) se weltergewigtitel is dié dag op die spel.

“Ek waag nie graag voorspellings nie, maar my doel is om Broner uit te slaan,” het Pacquiao gesê terwyl sy hande vir ’n harde oefensessie by die Wild Card Boxing Club in Kalifornië verbind is.

“Ek het al vergeet hoeveel genot dit my gee om ’n teenstander op sy rug te sien lê.”

Pacquiao het verlede jaar die WBA-titel met ’n uitklophou gewen toe hy Lucas Matthyse op 15 Julie in Kuala Lumpur gebêre het.

“Dit het goed gevoel om op dié manier te wen. Dit was vir my lekker en ook vir my fans.

“Ek het niks persoonlik teen Adrien Broner nie.

“Boks is ’n besigheid en hy is snaaks. Hy laat my lag. Hy weet hoe om homself én ’n geveg te verkoop.” – Fightnews.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters