2 maande gelede
Man City, 'Pool wys hakskene
SERGIO AGÜEROFoto’s: GETTY IMAGES  ~ 

DIE Engelse Premier­liga kan homself nou pride as die beste en mees kompeterende liga ter wêreld.

Die feit dat vier van die ses top-spanne in die EPL tot Europese finals­ deurgedring het, is heel duidelik ’n bewys daarvan.

Die EPL-haters sal stry dat die meerderheid van dié spanne meestal uit foreign connections bestaan en nie soseer plaaslike Engelse talent nie.

Nogtans neem dit steeds bugger all weg van die aksie, opwinding en drama wat die EPL verskaf nie.

Dit was business as usual vir Pep Guardiola, bestuurder van Man City, se kampioenspan dié seisoen.

City is ook nog sterk op koers om ’n Engelse driekuns (FA Cup, EPL-liga en Carabao Cup) te ver­ower. Guardiola-hulle word egter hierdie seisoen tot die uiterste beproef om hulle titel suksesvol te ver­dedig.

Die maksimum punte vandag teen Brighton sal City ’n tweede liga-titel ná mekaar besorg.

NES Chelsea het Arsenal dié seisoen ook baie belowe in die liga, maar nie juis met die goods vorendag gekom nie.

Pierre-Emerick Aubameyang

Pierre-Emerick Aubameyang hou die Gunners tot dusver in die prentjie met sy doelvernuf.

Die Londenaars kan hierdie seisoen nog sterk afsluit en selfs ’n Champions League-plek verseker. Sukses in die Europa League sal dít ’n realiteit maak.

EDEN Hazard se breë skouers het uiteindelik moeg geraak om sy Chelsea-span te dra.

Ná ’n goeie begin in die liga-veldtog, waar Hazard van voor gelei het, het die Blues begin uitsak. Hy veg ook nog om ’n vierde posisie in die liga. Chelsea het klaar vir die Champions League gekwalifiseer en vat Arsenal aan in die Europa League final.

’n Liga-sege vandag oor Leicester sal die Blues ’n derde plek gee.

HARRY Kane, kaptein, se Spurs toon elke seisoen ’n verbetering, maar nes in die verlede het hulle nie genoeg murg in hulle pype om met die groot kokkedore in die liga te compete nie.

Kane-hulle is stewig in die derde plek en het reeds vir die Champions League gekwalifiseer.

Kane se beserings dié seisoen het die Spurs ook erg gestuit, maar sukses wink nog in Europa.

PAUL POGBA

MANCHESTER United het hierdie seisoen tot nuwe dieptes gedaal. Al was die Red Devils se hiërargie reg om José Mourinho te pos, was hy dalk te oorhaastig om ’n permanente coach in Ole Gunnar Solskjær aan te stel.

Die feit dat United nie vir die Champions League kwalifiseer nie, is ook ’n gatslag.

Geen span is immuun teen probleme nie. Almal gaan maar deur ’n dip en dis nou United se beurt.

JY WEET nie of jy moet huil of juig oor Liverpool se ver­tonings dié seisoen nie. Ja, Pool blaas wel in die tweede posisie in Man City se nek, maar hoe het hy ’n voorsprong van sewe punte weggesmyt? Al het die Reds nou ’n rekord-getal liga­punte ingesamel, kan hulle titel-droogte nog voortduur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters