3 maande gelede
Lewis voel stout ná fout
BOTS: Lewis Hamilton het sy Mercedes in die oefensessie teen die muur laat beland. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

LEWIS Hamilton het erken dat hy gevoel het asof hy in F1 se weergawe van die “skoolhoof se kantoor” gesit het nadat ’n seldsame fout by die Kanadese GP hom op die agtervoet gelaat het.

Dié wêreldkampioen het net ag rondtes in die tweede oefening voltooi nadat hy in die hindernisse van die Turn Nine-chicane beland het.

Die impak het sy Mercedes se agterwiel laat bars en die renmotor se vloer beskadig.

Onthou

“Ek het ’n fout in FP2 gemaak en die motor beskadig. Die manne het hard probeer om dit reg te maak, maar daar was nie genoeg tyd nie,” sê Hamilton, wat ongedeerd ontsnap het.

“Ek onthou nie die laaste keer dat ek ’n hele sessie gemis het nie. Dis beslis nie lekker om uit die garage na die sessie te kyk nie. Dit voel soos om in die hoof se kantoor te sit.

“Ek hou egter van die uitdaging om my reg te ruk.”

Hamilton het verduidelik wat verkeerd gegaan het in die voorval.

“Dit was ’n onskuldige fout. Ek het verskeie rondtes op die mediumband gedoen en het regtig die limiet probeer vind.

“Natuurlik het ek effens te hard gedruk. Ek het ’n groot snap uit Turn Nine gehad en het vir lank gedrift, met die hoop dat ek nie die muur sou tref nie.

“Maar hierdie dinge gebeur. Jy moet dit dadelik agter jou sit en weer op die perd klim.”

Ferrari het egter die kans benut en was vinniger aan die einde van die dag. – Sky Sports

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters