17 dae gelede
Leicester is dalk Palace se moses
JAMIE VARDYFoto: GETTY IMAGES  ~ 

MET 20 punte ná 10 Engelse Premierliga-sokkerstryde lyk Leicester City soos ’n span wat die 2019/’20-seisoen as een van die topvier-spanne kan afsluit.

Die Foxes, wat ’n paar seisoene gelede die Premierliga-titel gewen het, lyk weer soos ’n baie gevaarlike span onder hulle breier, Brendan Rodgers.

Vandag in ’n wegwedstryd teen Crystal Palace kry die Foxes weer die kans om te bewys hulle blitsige begin in die liga is geen vloekskoot nie.

Net meer as ’n week gelede het Leicester die rekordboeke herskryf deur Southampton sy grootste nederlaag (0-9) toe te dien. Dié score was ook gelyk aan Manchester United se grootste wen ooit in die liga.

Kopseer

Een speler met hernude ywer is Leicester se ster-doelskieter, Jamie Vardy. Hy’s met nege doele die voorloper in die seisoen se wedloop vir die Premierliga se beste doelskieter – dis amper ’n doel per game.

En vandag gaan daar weer na Vardy gekyk word om Palace se verdediging ’n kopseer te gee en doele te score.

Vardy is nie ál ligpunt in die Foxes se herlewing onder Rodgers nie. As dit kom by kanse skep vir Vardy, moet James Maddison en Youri Tielemans ook geloof word.

Crystal Palace speel self goeie sokker. Rodgers se span sal nie op Sellhurst Park ’n oorwinning op ’n skinkbord kan verwag nie, selfs al is een van Palace se beste spelers, Andros Towns­end, dalk nog beseer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters