14 dae gelede
Kolbe is ’n rugbyreus in Frankryk
CHESLIN KOLBEFoto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE Springbok-vleuel Cheslin Kolbe is deesdae een van Frank­ryk se geliefkoosde rugbyspelers.

Die Franse rugbypubliek beskou dié boorling van Kraaifontein as net so groot soos Franse rugbylegendes soos Philippe Sella, Serge Blanco en Frédéric Michalak.

Dit het ook gehelp dat Kolbe laas jaar die Bokke kon help om die World Cup in Japan te wen deur sy span se tweede drie in die final teen Engeland te gaan druk.

Geloof

Kolbe speel sy klubrugby in die Franse Top 14 vir Toulouse.

En volgens Vlok Cilliers, skopafrigter van Frankryk se nasionale span, is die mense gaande oor Kolbe wanneer hulle hom sien speel.

Cilliers het aan Sport24 gesê: “Ek het die game gekyk waar hy losskakel teen Racing moes speel en hy is omtrént geloof.

“Dit was boonop ’n game wat hulle eers in die 80ste minuut verloor het.

“In die ander game wat ek gesien het, was hy op heelagter. Dit was sy eerste game terug sedert die World Cup en hy het van die bank af gespeel.

“Die hele stadion het opgestaan en vir hom begin hande klap. Dit was ’n asemrowende eerbetoon.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters