16 dae gelede
Klubs gekant teen take-over
MOHAMMED Bin Salman Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE Engelse Premierliga sal oor die komende weke ’n besluit neem oor die berigte oorname van die sokkerklub Newcastle deur die staatsfonds van Saoedi-Arabië.

Kroonprins Mohammed Bin Salman is die voorsitter van die Public Investment Fund (PIF) van Saoedi-Arabië, wat die Magpies wil koop en dit ook, nes met Manchester City, ’n klub met diep geldsakke wil maak.

Daar is egter sterk teenkanting van 10 Premierliga-klubs oor die verkoop van die klub.

Mike Ashley, Newcastle se huidige eienaar, is gretig om die deal te beklink, maar hy sweet omtrént om die saak betyds afgehandel te kry.

Kommer

Die Saoediese fonds wag tans in groot spanning om te hoor of sy aanbod van £300 miljoen (sowat R6,7 miljard) goedgekeur sal word.

Daar is groot kommer van sekere top-klubs in die Premierliga oor die oorname. Hulle moedig die Premierliga aan om die verkoop te keer.

Dié Premierliga-klubs se vrese het te doen met Bin Salman en die Saoediese regering se betrokkenheid by menseregteskendings.

Selfs Brittanje se Konserwatiewe Party is besig om ’n geraas hieroor te maak.

Karl McCartney, LP van die Konserwatiewe Party, het onlangs aangevoer die Britse regering moet ook eers na die transaksie kyk en intree. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters