2 maande gelede
Klopp maan joernaliste oor hul vrae
Jürgen KloppFoto: GETTY IMAGES  ~ 

LIVERPOOL se bestuurder, Jürgen Klopp, het rang getrek toe hy joernaliste waarsku om nié sy spelers te vra oor hulle berugte tuisnederlaag in 2014 teen Chelsea nie.

Die Blues en Reds pak mekaar vandag op Anfield met albei spanne wat hulle onderskeie doelwitte wil bereik.

Die Merseysiders soek hulle eerste liga-titel in byna 30 jaar, terwyl die Londenaars ’n Champions League-posisie jag.

Chelsea se sege van 2-0 op Anfield in 2014 het die Reds se titelaspirasies gekelder en die pad oopgemaak vir Manchester City om dit voor hulle neuse weg te raap.

Bui

Steven Gerrard het gegly en die bal vir Demba Ba gegee om te score. Willian het sout in die wonde gesmeer met ’n tweede goal voor die eindfluitjie.

Dié nederlaag het ook Liverpool en Brendan Rodgers, sy destydse bestuurder, se onoorwonne lopie van 16 wedstryde beëindig.

Vyf seisoene later is dit ’n déjà-vu-situasie vir die Reds en Klopp is nie in die bui om oor dié stryd te praat nie.

“As enige een met my spelers wil praat oor wat in 2014 gebeur het, vra ek: Moet asseblief nie,” het Klopp gewaarsku.

“Ons moet positief wees en probeer om op die voorvoet te bly nes ons die hele seisoen doen,” aldus Klopp. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters