7 dae gelede
Klopp beïndruk met indrukwekkende sege
JÜRGEN KLOPP Foto: GETTY IMAGES  ~ 

JüRGEN Klopp, bestuurder van Liverpool, reken hy kon niks negatiefs vind – behalwe die besering aan Allison – nadat sy span Norwich City uitmekaar geskeur het nie.

Dit was business as usual toe die Reds die Premierliga-nuweling Vrydagaand op Anfield met 4-1 kafgedraf het.

Doele in die eerste helfte deur Grant Hanley (own goal), Mohamed Salah, Virgil van Dijk en Divock Origi het die Merseysiders ’n perfekte begin tot die nuwe seisoen gegee.

Klopp het ook Sadio Mané, wat eers laas week teruggekeer het, ingespan. Maar Klopp het uitgewys ná dié indrukwekkende sege is dit nie net alles rooskleurig nie.

“Dis sy kuit en dis dit,” het Klopp oor Allison se setback gesê. “Hy kon nie voortgaan nie.

Periodes

“Hy sal nie beskikbaar wees vir ons Super Cup-wedstryd volgende week teen Chelsea nie.”

Die Duitser was egter all smiles oor sy span se gemaklike sege oor die Canaries.

“Ons was vir lang periodes van die game baie goed.”

“Ons was veral met ons eerste 60 minute beïndruk. Ons kon meer gescore het – veral ná die rustyd.

“Maar krediet aan Norwich. Hulle het nie met die telling geworry nie en aanhou speel.

“Hulle is nogal lekker cheeky en ek hou daarvan. Hulle het ons onder druk geplaas en toe sukses behaal.

“Ek het groot respek vir die bestuurder, Daniel (Farke). Hulle is ’n opwindende span,” het Klopp af­gesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters