5 maande gelede
Kiwi’s nog gunstelinge
afrigters: Joe Schmidt van Ierland en Steve Hansen van die All Blacks gesels ernstig.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

VOLGENS die Britte is die All Blacks steeds die gunsteling-span om later­ vanjaar die Webb Ellis-trofee te lig.

So meen hulle al het die Iere die Kiwi’s in laas jaar se jaareindtoetsreeks geklop.

Chris Foy, joernalis van ’n bekende Britse dagblad, sê: “Steve Hansen se span is waarskynlik nie meer die bedreiging wat hy vroeër was nie. Die Ierse ‘bandwagon’ rol met mening na Japan, maar die All Blacks bly die gunsteling vir hulle vierde Wêreldbeker-titel.

“Hulle wêreldwye oorheersing in 2011 en 2015 beteken dat die Kiwi’s die beste geskiedenis het wat die groot toernooie betref.

“Hulle wys ook in die korter vorm van die spel dat hulle goeie rekenskap van hulself kan gee,” skryf Foy.

“Voor hulle tweede titel in 2011 is die All Blacks gebrandmerk as veelbesproke ‘chokers’.

Voorlopers

“Dit is ’n sielkundige hekkie wat die Iere nou moet oorkom.

“Hoewel hulle as voorlopers beskou word, is dit geensins ’n uitgemaakte saak nie.”

Foy meen verder Ierland se tweede plek op die ranglys maak hom glad nie “world-beaters” nie.

Volgens hom is hulle kampioenskapsdrome ver van die werklikheid.

“Joe Schmidt se span, Engeland, Wallis en Suid-Afrika besef dat die Kiwi’s die span is om te klop.”

Foy waarsku die Springbokke kan almal se paartie (behalwe hulle eie) bederf. – stuff.co.nz

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters