3 maande gelede
Kings se Pro14-seisoen in sy tjops
Eish: Dié kan die Kings se swakste seisoen wees as hulle nie weer gaan speel nie. Foto: Gallo Images  ~ 

DIT lyk asof die Pro14-seisoen vir die Southern Kings, Cheetahs en die res van die spanne verby is.

Die Pro14-bestuur het Donderdag aangekondig die seisoen is onbepaald uitgestel.

Die verklaring lees: “Die opskorting van die 2019-2020-seisoen van die Pro14 is nou onbepaald as gevolg van die Covid-19-uitbreking.”

Luidens die verklaring het die komitee van Celtic Rugby DAC, wat die Pro14 bestuur, dié week tele­fonies vergader en ooreengekom op ’n streng lys kriteria waaraan daar voldoen sal moet word voordat die kompetisie kan voortgaan.

Voor enige besluit oor hervatting, moet daar eers aan dié vier belang­rike kriteria voldoen word:

  • Openbare gesondheidsower­hede moet die verbod op sport- en groepsbyeenkomste ophef.
  • Reisbeperkings tussen deelnemende gebiede moet opgehef word.
  • Geen gedwonge isolasie of kwarantynbevele mag van krag wees wanneer spanne die onderskeie streke besoek om te speel nie.
  • Die welsyn van spelers word beskerm, met inbegrip van die vereiste dat ’n geskikte opleidings­tydperk saam met die hoëprestasiepersoneel by ons deelnemende vakbonde en spanne voor aanvang gevestig sal word.

Kanselleer

As gevolg van die veranderende situasie moes die komitee ongelukkig ook die besluit neem om die Pro14-eindstryd in die Cardiff City Stadium te kanselleer. Dit sou op 20 Junie plaasgevind het.

Voorstelle oor die aanvang van die seisoen sal in die nabye toekoms hersien word.

Pro14 Rugby werk saam met die grootste belanghebbendes om verskeie voorstelle te ondersoek om die seisoen klaar te maak, al is dit dan op ’n later tydstip.

As daar ’n eindstryd in die 2019-2020-seisoen gespeel word, sal die span met die meeste punte op die ranglys vir hierdie veldtog gekies word.

Maar Pro14 Rugby gaan die situasie eers kan hersien wanneer daar positiewe aanwysers is vir die bogenoemde kriteria.

Dit beteken die Kings se seisoen kan moontlik eindig met net één oorwinning uit hulle 13 wedstryde sover. Hulle ag oorblywende wedstryde bly bes moontlik in die slag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters