7 dae gelede
Joshua kry Wilder einde van dié jaar in bokskryt
ANTHONY JOSHUAFoto: GETTYIMAGES  ~ 

ANTHONY JOSHUA teen Deontay Wilder in November of Desember vanjaar.

Dit is die goeie nuus wat die promotor Eddie Hearn vir die wêreld gehad het in aanloop tot Joshua se geveg teen Andy Ruiz jr. op 1 Junie in Madison Square Garden in New York.

“Ja, Joshua wil Wilder in die kryt hê. Sy groot doel is om die swaargewigtitels van die wêreld te verenig.

“Ons hoop om die geveg vir November of Januarie te finaliseer,” sê hy.

Hearn was laas jaar in lang onderhandelinge met Wilder betrokke, maar die Amerikaner het elke keer ’n ander verskoning gehad om nie pen op papier te sit nie.

Geen wonder sy eie Amerikaanse landgenote noem hom ’n coward nie.

Dit is nou Wilder se kans om sy grootpratery eenkant toe te skuif en die Joshua-kamp se aanbod te aanvaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters