3 maande gelede
Jonger spelers kry hulle kans
OLÉ GUNNAR SOLSKJÆRFoto: GETTY IMAGES  ~ 

OF DIT nou uit nood of uit keuse is, beide Manchester United en Chelsea beoog hierdie seisoen om jonger spelers ’n kans te gee.

Dis ook mos deel van United se “lang herbou”, soos sy bestuurder, Olé Gunnar Solskjær, dit onlangs beskryf het.

Dit is juis waarom daar ’n low-scoring affair verwag word wanneer dié spanne hulle eerste wedstryd van die nuwe seisoen vandag op Old Trafford beslis.

Dis ook omdat die Red Devils se enigste drie nuwe signings – Harry Maguire, Aaron Wan-Bissaka en Daniel James – nie juis name is wat by enige opposisiespan vrees inboesem nie.

Die aanvallende duo Wan-Bissaka en James is albei maar net 21 jaar oud en is dus nog nat agter die ore.

Invloed

Die verwagting is dat United se rekord-aanwins vir ’n defender, Maguire, vandag sy debuut vir United sal maak.

Baie hang ook af van Paul Pogba se invloed. Sy beskikbaarheid vir United gaan baie belangrik wees.

Dit kan tot ’n groot mate nog Solskjær se toekoms by dié sokkerklub bepaal.

Al het United sy striker Romelu Lukaku aan Inter Milan verkoop, is Solskjær vol vertroue hulle sal steeds doele kan aanteken.

“Ek is vol vertroue ons sal doele van (Anthony) Martial, (Daniel) James, (Marcus) Rashford en (Jesse) Lindgaard kry.

“Ek glo Mason Greenwood sal ook die seisoen in aksie wees,” het Solskjær aan AP gesê.

“En wanneer hy aan die gang kom, kan hy ook onder die doele wees.”

Intussen het die Blues een van sy eie legendes terug in sy bestuur – Frank Lampard.

Lampard het laas seisoen sy vernuf begin wys met Derby County in die Championship.

Lampard het Derby tydens die FA Cup ook tot ’n sege oor United gelei.

Lampard sal egter moet werk met die spelers wat hy tot sy beskikking het weens die Londen-klub se transfer ban.

Lampard het aan AP verduidelik: “Ons moet mededingend bly terwyl ons in dié situasie is.

“Ons het ’n teiken gestel in die groep. Dis belangrik hoe ons dinge benader.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters