2 maande gelede
Jones stem in tot cut in salaris
Eddie Jones.  ~ Getty images

TERWYL rugbyspelers van Brittanje se Premierliga in opstand kom oor die voorstel van ’n 25%-verlaging in hulle salarisse, het Engeland se afrigter, Eddie Jones, daartoe ingestem.

Volgens die BBC is Jones bereid om meer as 25% van sy totale pakket (salaris, bonusse en pensioen) prys te gee as gevolg van die Covid-19-epidemie.

Hy verdien sowat R15,8 miljoen per jaar.

Hy sluit hom nou aan by die Engelse Rugbyunie (ERU) se hoogs betaalde amptenare wat die reuse-impak op die unie se geldkoffers met ’n verlaagde salaris probeer verlig.

Die ERU staal hom vir ’n verlies van tot £50 m. (sowat R1,07 miljard).

Oorweeg

Die president, Bill Sweeney, sê Jones het onmiddellik tot die verlaging ingestem toe hy hom gebel het. Jones was ook veronderstel om ’n stewige bonus te kry nadat hy Engeland in Junie tot in die eindstryd van die World Cup gelei het.

Die res van Engeland se afrigtingspan se salaris sal vir die volgende drie maande met 10% verminder word. Die salarisvermindering is nie van toepassing op dié wat minder as £30 000 (R643 062) per jaar verdien nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters