8 dae gelede
Japan mors met Samoa
vol spoed: Ryohei Yamanaka op die aanval vir Japan. Foto: getty images  ~ 

JAPAN het sy onoorwonne veldtog as gasheer van rugby se World Cup gister met ’n derde sege voortgesit, dié een oor Samoa in Toyota City.

Die Brave Blossoms was met 38-19 baas teen ’n Samoaanse span wat by tye nie bes wou gee in die Toyota Stadion nie.

Japan het ook ’n belangrike bonuspunt vir vier drieë verdien, wat hom nou op koers hou om vir die eerste keer ooit vir die uitspeelronde te kwalifiseer.

’n Wedstryd teen Skotland lê nog en wag en die gasheer sal dié een ook moet wen om uit groep A as die wenner vir die kwarteindronde te kwalifiseer.

puntemakers

JAPAN – drieë: Timothy Lafaele, Kazuki Himeno, Kenki Fukuoka, Kotaro Matsushima; doelskoppe: Yu Tamura (3); strafdoele: Tamura (4).

SAMOA – drie: Henry Taefu, doelskop: Taefu; strafdoele: Taefu (4).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters