26 dae gelede
Jan Tuisblyers van die WB
aphiwe dyantyiFoto’s: getty images  ~ 

SUID-AFRIKA hou nog asem op oor wie in die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, se spelersgroep vir die World Cup (WC) in Japan gaan wees.

Maar intussen het ander internasionale breiers klaar marakkas gemaak met die weglating van ’n paar groot name.

Eddie Jones (Engeland) was die eerste wat die wenkbroue laat lig het deur verskeie sterspelers die trekpas te gee.

Van die Rose se casualties sluit in die kranige senter Ben Te’o en die ervare heelagter Mike Brown.

Dié twee wou mekaar met die vuiste bykom toe die 2003-Wêreldbekerkampioen op ’n oefenkamp in Italië was. Jones het albei summier huis toe gestuur.

Een van die meer skokkende weglatings is sekerlik dié van die Wallabies se Quade Cooper.

Australië se afrigter, Michael Cheika, het sy groep spelers Vrydag bekend gemaak.

Grootste

Cooper het vanjaar vir die Melbourne Rebels uitgeblink, maar sy adjudant in dié Australiese Superrugbyspan, Matt To’omua is bo hom verkies.

Die grootste weglating bly egter dié van Israel Folau (heelagter). Australië het sy kontrak gekanselleer nadat hy vroeër vanjaar op Twitter teen homoseksualiteit uitgevaar het.

Die All Blacks moet nog hulle groep bekend maak, maar daar kan reeds bevestig word dat Waisake Naholo nie ’n tweede World Cup sal sien nie.

Die regtervleuel is nie eens oorweeg vir Nieu-Seeland se onlangse toetse in die Rugby Championship en Bledisloe Cup nie.

Hy is op pad na die Noordelike Halfrond om klubrugby daar te speel.

Die Springbokke gaan Warren Whiteley en Aphiwe Dyantyi agterlaat.

Dyantyi se weglating is veral ’n gevoelige slag, want die beheerliggaam Wêreldrugby het hom net laas jaar as Deurbraakspeler van die Jaar aangewys.

Die Franse stormram Mathieu Bastareaud sal ook die toernooi misloop.

Die veteraan-senter was vanjaar fenomenaal vir Les Bleus in die Sesnasies-kompetisie. Hy was boonop die onderkaptein, wat sy weglating nog meer skokkend maak.

Die skrumskakel Morgan Parra het ook nie die Franse groep gehaal nie. 

mathieu Bastareaud
ben te’o
waisake naholo
quade cooper
aphiwe dyantyiFoto’s: getty images
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters