27 dae gelede
Jan in skik oor City-vordering
Tweestryd: Isaac Masia (links) van Leopards stuit Kermit Erasmus van City tydens ’n liga-stryd in die CT Stadium.  ~ Gallo Images

AL WAS dit nou nie teksboek-sokker nie, het Cape Town City steeds genoeg skietgoed gehad om Black Leopards te stuit.

Dit was ná Vrydagaand se Premierliga-oorwinning met 1-0 oor Black Leopards in die Cape Town Stadium.

Kermit Erasmus, City se doelevraat, het weer sy waarde gewys toe hy sy span se wendoel ná 60 minute se spel aangeteken het.

Erasmus se predator-instink het hom gehelp om Thabo Nodada se dwarsaangee in die doelhok te sit.

Dit is City se eerste back-to-back seges in die PSL vir 2020.

Geskors

Dit was verblydend om te sien die jong Keanu Cupido word ingespan.

Net só het Fagrie Lakay ook speelkans gekry, maar dis omdat Taariq Fielies en Craig Martin geskors was.

City se coach, Jan Olde Riekerink, het probeer kalm voorkom ná die sege, maar dit was duidelik dat hy in sy noppies was.

Olde Riekerink het gesê: “Ek dink ons is besig om goeie vordering te maak.

“Met elke game kan jy sien die spelers probeer implementeer wat hulle op die oefenveld doen. Ons verbeter elke week.

“Dis belangrik dat ons op hierdie momentum voortbou.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters