9 dae gelede
Het José ’n plan met Jan?
Jan Vertonghen.  ~ Gallo Images

JAN Vertonghen van Tottenham Hotspur kan bly of gly – die deur is oop.

Volgens Sky Sports sê Tom de Mul daar is baie belangstelling in sy kliënt, veral op ’n free transfer – maar Tottenham bly ’n interessante opsie.

Die 32-jarige verdediger se kontrak verstryk in hulle somer. Hy kan daarna op ’n free transfer vertrek.

Intussen het José Mourinho, die hoof-afrigter, Vertonghen Woensdag in die negende minuut van die tweede helfte van ’n FA Cup-wedstryd teen South­ampton vervang.

Spurs het die vierderondestryd met 3-2 gewen.

Onrustig

Vertonghen was ontsteld toe hy die veld verlaat om plek te maak vir Gedson Fernandes.

Volgens De Mul is sy reaksie nie ’n aanduiding dat sy toekoms nie by die Noord-Londense klub lê nie.

De Mul beweer Vertonghen is “supergelukkig”.

Die vraag is: Maak Mou­rinho nes by sy vorige klub, Manchester United, spelers onrustig?

Spurs se tweede beste speler, Christian Eriksen, het reeds in die onlangse transfer window besluit om te skuif. Dít het gekom nadat Mourinho hom glo nie wou gebruik nie. Is dit nou Vertonghen se beurt?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters