19 dae gelede
Hekkie-geheim opgelos
WARM STRYD: Hekkie Budler (regs) en Hiroto Kyoguchi wissel houe. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

HEKKIE Budler se geheim is uit.

Die promotor Rodney Berman het bevestig hy is byna twee jaar al nie meer in beheer van Budler se loopbaan nie.

Dit los die raaisel op waarom Budler nege maande laas geboks het.

Budler het sy WBA-ligvlieggewigtitel op 3 Desember in Macau aan Hiroto Kyoguchi afgestaan.

Toe Berman gevra is wanneer Budler weer terugklim in die kryt, het hy gesê: “Ek is al byna twee jaar nie meer Budler se promotor nie.”

Dit het die vermoede bevestig dat Colin Nathan, Budler se coach, deesdae sy eie promosiemaatskappy het.

Son op Sondag het Nathan in Marokko opgespoor waar hy die All Africa Games bywoon.

Hoek

Nathan het per email laat weet hy is môre terug in Johannesburg en sal dan oor Budler se toekoms praat.

Budler het aan die einde van die tiende ronde teen Kyoguchi nie uit sy hoek gekom nie en op verrassende wyse verloor.

Die Suid-Afrikaner het 32 van sy 36 gevegte gewen en 10 teenstanders uitgeslaan.

Op 31-jarige ouderdom het hy nog baie om te bied en kan hy onder die wakende oog van Nathan die wêreldtitel terugwen.

Om nege maande uit die kryt te wees is egter ’n lang tyd en Nathan sal nou waarskynlik ’n opwarmingsgeveg vir hom reël voordat hy weer die grotes aandurf. SA boks het Budler nodig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters