2 maande gelede
Gunners se worry
PIERRE-EMERICK AUBAMEYANGFoto’s: GETTY IMAGES  ~ 

ASOF Manchester United se huidige peil en momentum nie genoeg rede vir kommer vir Arsenal is nie, keer van die Red Devils se big guns ook terug.

Dis vir vandag se Premierliga-wedstryd tussen die twee Engelse sokkerreuse in die Emirates.

United, wat tans die vierde en laaste Champions League-posisie beklee, is met ’n punt voor die vyfde geplaaste Arsenal.

United borrel ook van selfvertroue nadat hy die sterbelaaide Paris Saint-Germain (PSG) Woensdag in Parys uit die Champions League geboender het om na die kwarteind deur te dring.

An­thony Martial, United se Franse doelskieter, keer terug om United se verswakte aanval te versterk en hopelik die Gunners te ontsenu met sy skills.

Martial is op die krukkelys sedert 12 Februarie, toe hy sy lies teen PSG beseer het in die eerste been van die Champions League se ronde van 16-stryde.

Daar is ook verwagtinge dat Nemanja Matic en Ander Herrera hul terugkeer kan maak.

Matic het United se vorige drie wedstryde uitgesit weens ’n spierbesering, terwyl Herrera ook herstel het ná las van sy heup.

Eweknie

“Anthony is beskikbaar – en hopelik sal Nemanja of Ander ook gereed wees,” het Solskjær uitgewys.

“So, ons lyk beter. Hulle het goed gedoen met hul recovery.”

Intussen beweer Solskjær se eweknie van Arsenal, Unai Emery, dat hulle “takties sal verskil” vergeleke met die vorige krag­meting toe United die Gunners met 3-1 kafgedraf het tydens ’n FA Cup vierderonde-stryd.

“Ons het baie goed gespeel en kanse geskep in dié stryd.”

“Ons het in oomblikke gespeel en gewys dat ons met hulle kan fight en battle – maar ons het tog verloor,” het Emery gesê.

“Hulle is op hul beste peil van die seisoen, maar ons speel op ons tuisveld voor ons eie fans.

“Ons wil ’n goeie atmosfeer skep om ons ver­tonings te help,” het die Spanjaard bygevoeg.

Met agt wedstryde oor is dit nou veilig om te sê dat die wenner van die stryd sonder twyfel die vierde en laaste Cham­pions League-posisie sy eie sal maak.

Romelu Lukaku is die Red Devils se gevaarman. Hy het ses doele in sy laaste drie wedstryde in alle kompetisies aangeteken.

Pierre-Emerick Aubameynang sal vir Arsenal ’n uiters gevaarlike angel wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters