23 dae gelede
GGG gereed om uitslag te wreek
GENNADY GOLOVKINFoto: GETTY IMAGES  ~ 

GENNADY “GGG” Golovkin sê hy het onafgehandelde sake wanneer hy Saúl “Canelo” Álvarez op 15 September om die WBC- en WBA-middel­gewigtitel pak.

Dié twee supersterre het mekaar op 16 September 2017 aangedurf.

Die beoordelaars het egter beslis die geveg het gelykop geëindig, hoewel talle kenners meen Golovkin het genoeg gedoen om die geveg te wen.

“Ons is daarvan oortuig ons het die eerste geveg gewen,” het Golovkin se promotor, Tom Loeffler, verder vet in die vuur gegooi. Nou kry Golovkin die kans om sake reg te stel in hul mega-geveg in Las Vegas.

Golovkin het gesê hy voel slaggereed en hy kan nie wag om Álvarez slae te gee nie.

“Ek gaan hom weer klop,” het hy sarkasties gesê.

Die uitslag het wêreldwyd ’n uitbarsting van kenners opgelewer nadat die een beoordelaar, Adalaide Byrd, ’n “vreemde” telkaart van 118-110 in Álvarez se guns ingehandig het.

Volgens die tweede beoordelaar, Dave Moretti, het Golovkin met 115-113 gewen, terwyl die derde beoordelaar, Ton Trella, dit met 114-114 gelykop beslis het.

Talle oud-boksers, onder wie Terence Crawford, het gesê die uitslag is ’n verleentheid vir die sport en Byrd moet onmiddellik uit boks geskop word. – fightnews.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters