4 maande gelede
Geluk, en wéér ongeluk

TEËSPOED én politieke vuilspel is van die uitdagings wat die Bellville-netbalklub jaar in en jaar uit moet battle – maar dis ook wat die klub al vir 60 jaar sterk laat staan.

Net toe dit wil lyk asof Helena “Lientjie” Laubscher, voorsitter van die Bellville-netbalklub, se geluk ten goede begin draai, is die klub weer ingedoen.

Net ’n week nadat Baart Saayman se Triangle Consulting-maatskappy die klub ’n borgskap vir geriewe en apparate gegee het, het boewe die klub besteel.

Die klub se heel eerste scoreboard ooit wat deur Saayman-hulle geskenk is, het voete gekry.

Die telbord was baie prakties, want daar was back-to-back scores vir twee bane en dit word manually geoperate.

“Skade van meer as R4 000 is aangerig, en dit is net wat ons met die oog kan sien,” vertel ’n teleurgestelde Laubscher.

“Natuurlik kan ek die werk nie alleen doen nie.

“Ek het ’n gedugte span wat uitstekende, onselfsugtige werk doen.

Slaap

“Net laas week het ons ons toernooi aangebied – die eerste fondsinsameling vir die jaar vir die klub,” voeg Laubscher by.

“En nou dít... Dis ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

“Elke keer wanneer sekere securities aan diens is, word daar ingebreek op die perseel.

“Of hulle sit en slaap, weet ek nie. Dit is ook net baie fishy.

“Ek het al briewe geskryf en geskel, maar niks.

“Gelukkig het die Triangle weer ingekom en sal dit teen ’n afslag vir ons regmaak,” sluit Laubscher verlig af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters